Saterdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

Loading player...
LUKAS 15
Die gelykenis van die verlore skaap
(Matt. 18:12-14)
1Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.”
3Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: 4“Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. 5En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. 6As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’ 7Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.”
15 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

PSALMS 46 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. 12Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela 1 TESSALONISENSE 4 Die opstanding uit die dood 13Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig…
3 Dec 1AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Johan Marais

EKSODUS 14 9Die Egiptenaars het hulle agtervolg, en al die strydwaens van die farao met bemanning en leërmag het hulle ingehaal terwyl hulle besig was om by die see kamp op te slaan, naby Pi-Hagirot regoor Baäl-Sefon. 10Toe die farao nader kom, sien die Israeliete skielik die Egiptenaars sit hulle…
1 Dec 1AM 13 min

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn

MATTEUS 5 Die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld (Mark. 9:50; Luk. 14:34-35) 13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap…
30 Nov 12PM 19 min