Vrydag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
PSALMS 91
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
1Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
2hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
3Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.
4Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.
5Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,
6vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
7Al val daar duisende langs jou,
tienduisende by jou,
vir jou sal niks tref nie.
8Met jou eie oë sal jy sien
hoe die goddelose gestraf word.
9Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,
10sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
11Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
12Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
13Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.
14“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”
sê die Here,
“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
15Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
16'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”
2 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

SPREUKE 1 1Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. 2Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. 3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. 4Wie nog nie…
25 Aug 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

JAKOBUS 1 17Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring,…
24 Aug 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 24Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou…
23 Aug 1PM 16 min

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” 9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag. JAKOBUS 2 17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer…
23 Aug 3AM 16 min

Saterdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 Die genesing op die sabbatdag by Betesda 1Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3waar daar baie gestremdes gelê het:…
22 Aug 2AM 17 min