Sondagaand Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
HOSEA 12
Israel moet die Here liefhê
1Efraim bedrieg My, Israel is vals teenoor My, Juda is nog altyd wispelturig in sy diens aan My, maar hy is getrou aan die afgode. 2Efraim hou hom op met wind, hy is aldag agter die oostewind aan. Hy hou aan met lieg en om sy eie ondergang te bewerk. Hy sluit 'n verbond met Assirië, maar stuur olie na Egipte toe.
3Die Here het 'n saak teen Juda, Hy gaan Jakob straf vir sy dade, hom laat boet vir wat hy gedoen het. 4Nog voor sy geboorte het hy al sy broer onderkruip en as volwasse man het hy met God gestoei. 5Jakob het met 'n Engel gestoei en gewen. Jakob het gehuil en van God hulp verwag: “By Bet-El sal Hy ons ontmoet, daar sal Hy met ons praat. 6Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou.”
7Wat jy moet doen, is om na jou God toe terug te keer: jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig.
8Efraim is 'n skelm handelaar: hy buit graag mense uit. 9En dan sê hy: “Ek is ryk, ek het myself ryk gemaak. Terwyl ek my besittings bymekaargemaak het, het ek niks gedoen wat verkeerd is nie.”
10Maar Ek is die Here jou God van Egipte se tyd af. Ek gaan jou weer in tente laat woon soos in die woestyntyd. 11Ek het nog altyd met die profete gepraat, Ek het hulle baie visioene laat sien, Ek het deur die profete in gelykenisse gepraat.
12Gilead was ook ryk, maar hy het heeltemal tot niet gegaan. Daar is bulle geoffer in Gilgal, maar dit sal nie verhoed dat ook hulle altare soos kliphope langs die lande word nie.
13Onthou Jakob moes na Aram toe vlug. Israel moes slawediens doen om vrouens te kry: omdat hy vrouens wou hê, moes hy skape oppas. 14Deur die diens van 'n profeet het Ek, die Here, vir Israel uit Egipte gelei, deur 'n profeet is hulle opgepas.
15Maar Efraim het My aangehou tart en verdien die dood. Ek sal hom straf vir sy skandelike gedrag.
9 Nov 2025 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

MATTEUS 13 21Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. 22Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor,…
5 Sep 2AM 20 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

PSALMS 92 13Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. 14Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. 15Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees…
4 Sep 2AM 11 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

PSALMS 1 Die Here lei die regverdiges 1Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, 2maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. 3Hy is soos 'n…
3 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Belinda van der Vlies

MATTEUS 13 3Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en 4die voëls het gekom en dit opgepik. 5'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar…
2 Sep 2AM 9 min

Dinsdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JESAJA 55 12Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word; die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap.
1 Sep 2AM 11 min