Donderdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JOHANNES 17
14Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. 15Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. 16Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. 17Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.

1 PETRUS 1
Oproep om heilig te lewe
13Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. 14As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. 15Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”
6 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 58 Daar is tog 'n God wat reg laat geskied 1Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig. 2Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig? Is julle beslissings in die sake tussen mense billik? 3Nee, julle optrede in die…
18 Jan 2AM 24 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 8 Lof aan die Skepper 1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het…
17 Jan 1AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 22 36“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” 37Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat…
16 Jan 1AM 10 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 131 Ek het rus gevind 1'n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. 2Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind…
15 Jan 1AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 146 Prys die Here! 1Prys die Here! Ek wil die Here prys. 2Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is. 3Moenie op magtiges vertrou nie, nie op 'n mens nie; hy kan jou nie red…
14 Jan 1AM 12 min