Sondagaand Erediens - Dr Belinda van der Vlies

Loading player...
LUKAS 10

Die barmhartige Samaritaan
(Matt. 22:34-40; Mark. 12:28-34)
25Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”
26Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?”
27Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.”
28“Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.”
29Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?”
30Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: “Toe 'n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee. 31Dit gebeur toe dat daar 'n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. 32Net so het daar ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. 33Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry.
26 Oct 2025 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

GENESIS 28 11Teen sononder het hy by 'n plek gekom waar hy kon oornag. Hy het daar 'n klip vir 'n kopkussing gebruik en gaan lê en slaap. 12Hy het gedroom: 'n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van…
5 Jul 3AM 20 min

Saterdagoggend - Ds Kobus Botha

GENESIS 25 Die tweeling Esau en Jakob 19Hier volg besonderhede oor Isak seun van Abraham: Abraham was Isak se pa, 20en toe Isak veertig jaar oud was, het hy met Rebekka getrou. Sy was die dogter van Betuel, 'n Arameër uit Paddan-Aram, en 'n suster van Laban die Arameër. 21Isak…
4 Jul 2AM 23 min

Vrydagoggend - Ds Kobus Botha

GENESIS 22 6Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en 'n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop, 7sê Isak vir sy pa: “Pa?” en Abraham antwoord: “Ja, my seun?” Toe vra Isak: “Hier is vuur en hout, maar waar…
3 Jul 2AM 18 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

GENESIS 18 22Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan. 23Abraham het toe nader gekom na die Here toe en gevra: “Sal U die regverdiges saam met die goddeloses vernietig? 24Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad. Sal U die plek werklik vernietig?…
2 Jul 2AM 11 min