Donderdag Oggenddiens - Past Eugene du Randt

Loading player...
PSALMS 8
Lof aan die Skepper
1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid.
2Here, ons Here,
hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde,
hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
3Kinders en suigelinge besing die magtige werk
wat U tot stand gebring het.
So word u teëstanders,
die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.
4As ek u hemel aanskou,
die werk van u vingers,
die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,
5wat is die mens dan
dat U aan hom dink,
die mensekind dat U na hom omsien?
6U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak
en hom met aansien en eer gekroon,
7U laat hom heers oor die werk van u hande,
U het alles aan hom onderwerp:
8skape en beeste, alles;
selfs die diere in die veld,
9die voëls in die lug,
en die visse in die see
wat die oseane deurkruis.
10Here, ons Here,
hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!
9 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

RIGTERS 1 Die verowering van die land 1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?” 2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.” 3Toe sê Juda vir…
26 Jun 2AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

JEREMIA 18 Soos klei in die pottebakker se hand 1Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat. 3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op…
25 Jun 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

JOHANNES 15 Die ware wingerdstok 1“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 2Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 3Julle is alreeds reg gesnoei deur die…
24 Jun 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
22 Jun 2AM 10 min