Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

Loading player...
LUKAS 22
Jesus se dood word beplan
(Matt. 26:1-5,14-16; Mark. 14:1-2,10-11; Joh. 11:45-53)
1Die fees van die ongesuurde brood, wat pasga genoem word, was naby. 2Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes wou Jesus uit die weg ruim, maar omdat hulle bang was vir die volk, het hulle nog gesoek na 'n manier om dit te doen.
3Die Satan het in Judas, wat Iskariot genoem is en een van die twaalf was, ingevaar. 4Hy het toe met die priesterhoofde en die offisiere van die tempelwag gaan praat oor hoe hy Jesus in hulle hande kan laat kom. 5Hulle was bly en het ooreengekom om hom daarvoor te betaal. 6Hy het ingestem en na 'n geskikte geleentheid gesoek om Jesus te verraai waar die volk nie by is nie.
28 Sep 2025 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

SPREUKE 1 1Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. 2Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. 3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. 4Wie nog nie…
25 Aug 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

JAKOBUS 1 17Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring,…
24 Aug 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 24Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou…
23 Aug 1PM 16 min

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” 9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag. JAKOBUS 2 17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer…
23 Aug 3AM 16 min

Saterdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 Die genesing op die sabbatdag by Betesda 1Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3waar daar baie gestremdes gelê het:…
22 Aug 2AM 17 min