Dinsdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
JOHANNES 21
Jesus verskyn nog 'n keer aan sy dissipels
1Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur:
2Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. 3Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.”
“Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom.
Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.
4Toe dit al lig was, het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit Hy is nie. 5Jesus vra toe vir hulle: “Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?”
“Nee,” antwoord hulle Hom.
6Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.”
Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie.
7Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!”
Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring. 8Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. 9Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. 10Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.”
11Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
12Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.”
Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. 13Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis.
14Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.
Petrus kry opnuut sy opdrag
15Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?”
“Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.”
Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.”
16Jesus vra hom weer 'n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?”
“Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.”
Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.”
17Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?”
Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.”
Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei. 18Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.”
19Dit het Jesus gesê en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik.
Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!”
Die dissipel vir wie Jesus baie lief was
20Toe Petrus omdraai, sien hy die dissipel volg vir wie Jesus baie lief was, wat ook by die maaltyd na Jesus se kant toe oorgeleun en gevra het: “Here, wie is u verraaier?” 21Toe Petrus hom dan sien, vra Petrus vir Jesus: “Here, en wat van hom?”
22Jesus antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!”
26 Aug 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

KOLOSSENSE 3 Julle is saam met Christus uit die dood opgewek 1Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op…
2 May 2AM 21 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Jesus verskyn aan sy dissipels (Matt. 28:16-20; Mark. 16:14-18; Luk. 24:36-49) 19Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” 20Nadat Hy dit gesê…
30 Apr 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 4 7Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” 8Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. 9Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir…
29 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 KORINTIËRS 5 1Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan. 2Terwyl ons in die tentwoning leef,…
28 Apr 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

PREDIKER 3 Elke ding het sy vaste tyd 1Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 3'n tyd om…
27 Apr 2AM 19 min