Van trauma tot triomf – Ds. Thinus van Staden

Loading player...
In hierdie episode van Bly Boer gesels Reza Clifford met ds. Thinus van Staden, ’n predikant van Pretoria en die stigter van Traumanetwerk. Laasgenoemde het ontstaan toe kerkleiers hul kommer uitgespreek het oor die trauma wat boere, hul families en plaaswerkers ervaar.
Ds. Thinus glo dat trauma is ’n normale reaksie op abnormale gebeurtenisse – jy is nie gebroke nie!
Hoor wat hy sê oor:
· die fisieke en emosionele komponente van trauma en hoe jou brein jou probeer beskerm;
· neuroplastisiteit bewys dat jou brein kan genees en nuwe patrone kan vorm;
· om ondersteuning te soek is ’n bewys van dapperheid, nie swakheid nie; en
· hoe Traumanetwerk jou kan help om hulp te kry.
Besoek Traumanetwerk by www.traumanetwerk.co.za
12 Jul 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Ons sal hierdeur kom’ – DF Fyfer

DF Fyfer van Bhetjane Cattle Co is lank genoeg ’n boer om die sielkundige impak en stres van boerdery te verstaan. “Dit is nie net jou eie toekoms wat op die spel is nie, maar die nalatenskap van jou voorouers en die toekoms van jou kinders.”In die Bly Boer-onderhoud met…
3 Apr 21 min

‘Leer om ander te lei en motiveer’ – Francois Rossouw

Francois Rossouw, Toyota en AgriSA se Jongboer van die Jaar, moes al vele storms – letterlik en figuurlik – trotseer. As vierdegenerasie-tafeldruifboer op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei moes hy al vele storms trotseer. Haelstorms, oorstromings en selfs ’n wingerd wat drie keer herplant moes word, het sy veerkragtigheid getoets…
26 Mar 28 min

‘BKS is net nog ’n droogte’ – Bull van Rensburg

“Dit was sekerlik die swaarste tyd in my lewe. Ek het emosioneel deurgeloop,” vertel Bull van Rensburg, ’n boer van Humansdorp, in die eerste episode van seisoen 2 van die Bly Boer-reeks. Nie net was die Oos-Kaapse melkboer se plaas van 1 Mei 2024 tot 6 Junie 2025 weens bek-en-klouseer…
20 Mar 26 min

Die boek wat my ma vir my gelos het’ – Anné Pretorius

Anné Pretorius het besef hoe waardevol ’n persoonlike geskiedenis is nadat haar ma onverwags oorlede is en ’n handgeskrewe memoir vir haar agtergelaat het. • gesinstories verdwyn wanneer dit nie gedokumenteer word nie;• die genesende krag van storievertelling en skryf; • hoe stories brûe bou tussen geslagte; • ’n spesiale…
9 Jan 26 min

‘Hoe om te wen as jy verloor’ – Pierre Vlok

In ’n wêreld waar baie mense opgee wanneer dinge moeilik raak, staan Pierre Vlok, legendariese wolskaapman van BKB, as ’n baken van hoop. Sy verhaal van volharding, van ’n plaasseun tot ’n internasionaal erkende wolkenner, toon dat sukses nie altyd maklik kom nie – maar wel vir dié wat aanhou…
17 Aug 2025 17 min