‘Hoe om te wen as jy verloor’ – Pierre Vlok

Loading player...
In ’n wêreld waar baie mense opgee wanneer dinge moeilik raak, staan Pierre Vlok, legendariese wolskaapman van BKB, as ’n baken van hoop. Sy verhaal van volharding, van ’n plaasseun tot ’n internasionaal erkende wolkenner, toon dat sukses nie altyd maklik kom nie – maar wel vir dié wat aanhou probeer.
In hierdie episode van die Bly Boer-potgooi deel Pierre sy lewensreis, van sy vroegste dae op die plaas, sy merkwaardige loopbaan in die wolbedryf en oor die nuwe seisoen van aftrede.
Hoor wat sê hy oor:
• hoe sy liefde vir Merino-skape hom op ’n pad geplaas het wat hy nooit kon voorsien het nie;
• hoe droogte en ekonomiese druk hom gedwing het om op te hou boer;
• hoe sy tyd in die spesmagte hom geleer het om aanpasbaar en veerkragtig te wees; en
• waarom hy glo dat die boere wat oorleef, diegene is wat optimisties en vasberade bly, ongeag die uitdagings.
17 Aug 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Ons sal hierdeur kom’ – DF Fyfer

DF Fyfer van Bhetjane Cattle Co is lank genoeg ’n boer om die sielkundige impak en stres van boerdery te verstaan. “Dit is nie net jou eie toekoms wat op die spel is nie, maar die nalatenskap van jou voorouers en die toekoms van jou kinders.”In die Bly Boer-onderhoud met…
3 Apr 21 min

‘Leer om ander te lei en motiveer’ – Francois Rossouw

Francois Rossouw, Toyota en AgriSA se Jongboer van die Jaar, moes al vele storms – letterlik en figuurlik – trotseer. As vierdegenerasie-tafeldruifboer op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei moes hy al vele storms trotseer. Haelstorms, oorstromings en selfs ’n wingerd wat drie keer herplant moes word, het sy veerkragtigheid getoets…
26 Mar 28 min

‘BKS is net nog ’n droogte’ – Bull van Rensburg

“Dit was sekerlik die swaarste tyd in my lewe. Ek het emosioneel deurgeloop,” vertel Bull van Rensburg, ’n boer van Humansdorp, in die eerste episode van seisoen 2 van die Bly Boer-reeks. Nie net was die Oos-Kaapse melkboer se plaas van 1 Mei 2024 tot 6 Junie 2025 weens bek-en-klouseer…
20 Mar 26 min

Die boek wat my ma vir my gelos het’ – Anné Pretorius

Anné Pretorius het besef hoe waardevol ’n persoonlike geskiedenis is nadat haar ma onverwags oorlede is en ’n handgeskrewe memoir vir haar agtergelaat het. • gesinstories verdwyn wanneer dit nie gedokumenteer word nie;• die genesende krag van storievertelling en skryf; • hoe stories brûe bou tussen geslagte; • ’n spesiale…
9 Jan 26 min

‘Moenie ophou probeer nie’ – Gerrit van Zyl

In hierdie episode van Bly Boer deel Gerrit van Zyl, sakeman en bekroonde stoetbeesboer van Dewetsdorp, sy merkwaardige reis van konvensionele boerdery na herlewingslandboupraktyke met Reza Clifford. Gerrit se benadering tot geestelike welstand is diep gewortel in praktiese geloof, volharding en om sinvolheid in daaglikse klein bydraes tot iets groter…
10 Aug 2025 19 min