Willem Strauss: My hele lewe het verander na ek 'n 102kg verloor het

Loading player...
πŸŽ™ Hierdie week op die Baasraak saam Coach Freek se Potgooi: Coach Freek gesels met Entrepreneur en Avonturier Willem Strauss

In 2014 is Willem gediagnoseer met diabetes. Na 'n maagomleiding-operasie het hy ongelooflike 102kg verloor – en sy lewe het radikaal verander. Sy insulienmedikasie is reeds twee dae later in die hospitaal gestop. Willem was nie meer diabeet nie.

Met hernieude krag en passie het Willem weer begin oefen, en later deelgeneem aan maratonne en ysterman-kompetisies. Sy avontuurlustige gees het hom selfs tot op die hoogste piek van Afrika geneem, waar hy saam met vriende Kilimanjaro uitgeklim het. Boven-op die berg het Willem 'n vlag geplant met sy gesin se foto en die woorde: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."

Maar Kilimanjaro is net een van die berge wat Willem in sy lewe baasgeraak het. In hierdie potgooi gesels hy met Coach Freek oor sy fisiese en geestelike oorwinningstogte – en hoe God hom deur elke uitdaging gedra het.

🎧 Skakel in vir 'n inspirerende gesprek vol geloof, moed en volharding
29 Jun 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Baasraak binne die Hawequa Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span by die Hawequa Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in harte en lewens. Mag hierdie…
8 Feb 1 hr 58 min

Baasraak binne die Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span op 24 Oktober 2021 by Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in…
1 Feb 1 hr 56 min

God se wenresep tot 'n lewe van oorwinning - Coach Freek

In hierdie kragtige kort preek deel Coach Freek ’n lewensveranderende boodskap gebaseer op die verhaal van die verlore seun. Wat het hy moes doen om uit die varkhok te kom? Daar is 'n geestelike wenresep β€” God se eie strategie β€” wat, as jy dit toepas, jou sal help om…
23 Jul 2025 15 min

Jaco Pitzer - Die Volle Potgooi Episode

πŸŽ™ Baasraak saam Coach Freek – 'n Gesprek met Jaco Pitzer In hierdie kragtige en eerlike episode gesels Coach Freek en die manne met Jaco Pitzer – seun van die legendariese BlouBul en Springbok-haker Gys Pitzer Snr., wat tussen 1967 en 1970 in 12 toetse vir die Bokke gespeel het…
9 Jul 2025 2 hr 17 min