Maandag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
JOHANNES 20

24En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.
25Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
26En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!
27Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.
28En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!
29Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
19 May 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

LUKAS 9 Om Jesus te volg (Matt. 16:24-28; Mark. 8:34 – 9:1) 23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
21 Jan 1AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MATTEUS 4 Die roeping van die eerste dissipels (Mark. 1:16-20; Luk. 5:1-11) 18Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was…
19 Jan 1AM 8 min

Sondagaand Erediens - Ds Hannes du Plessis

ROMEINE 12 Riglyne vir die Christelike lewe 9Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here…
18 Jan 12PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 58 Daar is tog 'n God wat reg laat geskied 1Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig. 2Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig? Is julle beslissings in die sake tussen mense billik? 3Nee, julle optrede in die…
18 Jan 2AM 24 min