Viool en klavier sorg vir romantiese liedere op Odeion verhoog

--:--
Op 24 April bied die Odeion in Bloemfontein ‘Timeless Romantic Songs’ aan met Piet Koornhof op viool en Nicol Viljoen op klavier. Hierdie konsert bestaan uit 'n keur van tydlose romantiese liedjies wat vir viool en klavier verwerk is. Die gesofistikeerde keuse sluit romantiese melodieë in wat wissel van nostalgies tot evokatief en weemoedig. Prof Nicol Viljoen sluit aan by Yolanda Maartens in die OFM Art Beat om oor hierdie wonderlike program te gesels. Kaartjies is by Quicket beskikbaar.
7 Apr English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

‘n Viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar met sopraan en klavier

Teresa de Wit en Lesley-Ann Matthews is vir die 5de keer saam op die verhoog in hul reeks ‘Most beautiful songs’ en vanjaar is dit met die ‘Mooiste Afrikaanse liedere’ om Afrikaans se 100ste bestaansjaar as amptelike taal te vier. Die Odeion in Bloemfontein is gasheer vir die viering op…
21 Apr 3 min

70ste bestaansjaar van NWU PUK-Koor word met sang en geselligheid gevier

’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier. Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar, sê Kobus Venter, koordirigent. Hy sluit by Yolanda Maartens aan…
16 Apr 3 min

Nostalgie met André Schwartz se ‘Gesigte’ tydens Clarens Kunstefees

Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het ...vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. André Schwartz kuier heerlik in die OFM Kunsteklop saam met Yolanda Maartens om te vertel oor sy produksie by vanjaar se Clarens kunstefees wat plaasvind vanaf 1 – 4 Mei 2025. Kaartjies…
14 Apr 4 min

Hannalie Taute solo-uitstalling: ‘n hergeboorte van nostalgie

Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein, bied met trots “Euphoria … in sy Gloria”, Hannalie Taute se 21ste solo-uitstalling, aan. Die 19 multi-media kunswerke beeld haar herstiksel van historiese narratiewe uit tot 'n fantastiese nuwe hergeboorte van die sprokiestroumitologie. Die uitstalling is 'n viering van tye wat kom en het ten doel…
2 Apr 4 min