
Net nog enetjie | Ambassa-Dirk, Flip-lomaat en Malema se wêreldtoer | Ep. 36
--:--
Terwyl Ebrahim Rasool nog sy vlugvoosheid afskud na sy terugkeer van die VSA, wonder ʼn mens. Moet ons dalk ʼn Superbru begin om te wed op wie die volgende ambassadeur gaan wees? Ambassa-Dirk? Of dalk ʼn Flip-lomaat uit die Solidariteit Beweging se leierskap. Die slim skuif sal natuurlik wees om ʼn Afrikaner- of landbouleier aan te wys om gemoedere in die VSA te help afbestuur. Maar nou ja, van wanneer af doen die ANC die slim ding? Luister na hierdie week se episode van Net nog enetjie om saam te gesels oor hierdie en ander belangrike kwessies.