Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
MARKUS 12
Gelykenis van die landbouers.
(Mt. 21:33-46 en ooreenk. pl.)
1TOE begin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: 'n Man het 'n wingerd geplant en 'n heining daarom gesit en 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
2En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;
3maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.
4En weer het hy 'n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur.
5En weer het hy 'n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander — sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.
6 Mar 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MATTEUS 4 Die roeping van die eerste dissipels (Mark. 1:16-20; Luk. 5:1-11) 18Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was…
19 Jan 1AM 8 min

Sondagaand Erediens - Ds Hannes du Plessis

ROMEINE 12 Riglyne vir die Christelike lewe 9Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here…
18 Jan 12PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 58 Daar is tog 'n God wat reg laat geskied 1Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig. 2Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig? Is julle beslissings in die sake tussen mense billik? 3Nee, julle optrede in die…
18 Jan 2AM 24 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 8 Lof aan die Skepper 1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het…
17 Jan 1AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 22 36“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” 37Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat…
16 Jan 1AM 10 min