Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

Loading player...
JOHANNES 12
Maria salf die voete van Jesus.
(Mt. 26:6 vv. en ooreenk. pl.)
1EN Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.
2Hulle het toe vir Hom daar 'n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.
3En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
4Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
5Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
6En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
7Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
8Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
9 Mar 2025 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MATTEUS 4 Die roeping van die eerste dissipels (Mark. 1:16-20; Luk. 5:1-11) 18Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was…
19 Jan 1AM 8 min

Sondagaand Erediens - Ds Hannes du Plessis

ROMEINE 12 Riglyne vir die Christelike lewe 9Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here…
18 Jan 12PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 58 Daar is tog 'n God wat reg laat geskied 1Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig. 2Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig? Is julle beslissings in die sake tussen mense billik? 3Nee, julle optrede in die…
18 Jan 2AM 24 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 8 Lof aan die Skepper 1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het…
17 Jan 1AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 22 36“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” 37Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat…
16 Jan 1AM 10 min