Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

Loading player...
JOHANNES 12
Maria salf die voete van Jesus.
(Mt. 26:6 vv. en ooreenk. pl.)
1EN Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.
2Hulle het toe vir Hom daar 'n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.
3En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
4Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
5Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
6En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
7Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
8Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
9 Mar 2025 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 3 Jesus is meer as Moses 1Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. 2Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses…
11 Oct 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PREDIKER 11 Werp jou brood op die water 1Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. 3As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die…
11 Oct 3AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 24Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 25God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na…
10 Oct 2AM 19 min