Donderdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
JOHANNES 6
Die vermeerdering van die brode.
(Mt. 14:15-21 en ooreenk. pl.)
1DAARNA het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan;
2en 'n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
3En Jesus het op die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit.
4En die pasga, die fees van die Jode, was naby.
5Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?
6Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen.
7Filippus antwoord Hom: Brood vir tweehonderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle 'n stukkie kan kry nie.
27 Feb 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

SPREUKE 1 1Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. 2Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. 3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. 4Wie nog nie…
25 Aug 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

JAKOBUS 1 17Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring,…
24 Aug 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 24Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou…
23 Aug 1PM 16 min

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” 9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag. JAKOBUS 2 17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer…
23 Aug 3AM 16 min

Saterdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 5 Die genesing op die sabbatdag by Betesda 1Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3waar daar baie gestremdes gelê het:…
22 Aug 2AM 17 min