Sondagaand Erediens - Pastoor Eugene du Randt

Loading player...
I JOHANNES 4
16En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
17Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.
18Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

PSALMS 103
Loof die Here, die genadige en barmhartige God!
1 'n PSALM van Dawid.
Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
2Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
3Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,
4wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,
5wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend.
6Die Here doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.
7 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.
8 Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

MATTHÉÜS 7
7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
8Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
9Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;
10en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee?
11As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
16 Feb 2025 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

LUKAS 9 Om Jesus te volg (Matt. 16:24-28; Mark. 8:34 – 9:1) 23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
21 Jan 1AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MATTEUS 4 Die roeping van die eerste dissipels (Mark. 1:16-20; Luk. 5:1-11) 18Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was…
19 Jan 1AM 8 min

Sondagaand Erediens - Ds Hannes du Plessis

ROMEINE 12 Riglyne vir die Christelike lewe 9Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here…
18 Jan 12PM 19 min