KOPSKUIF - Ontdek die Belangrikheid van Hartop Lees: Wêreld Hardop Leesdag 2025

Loading player...
Wêreld-hardopleesdag word jaarliks op die eerste Woensdag in Februarie gevier. Die ATKV wil graag kinders, ouers en onderwysers aanspoor om hardop te lees, want om te lees is een van die belangrikste fondamente van ’n suksesvolle skool- en universiteitsloopbaan. Lees lê as't ware die grondslag van alle leer. Op Saterdag 8 Februarie gesels Celia Albasini van SmartBrain op Kopskuif oor die belangrikheid van hardop lees. Skakel gerus in en luister ook hoe Lelanie Roode, bekende skrywer, uit haar boek, Olifant op ’n sweefstok, voorlees. Bekroonde skrywer, Zuleka Smit, lees ook voor uit Ben en die boelies
8 Feb Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Eksamentyd Wenke: Elizna Botha se Raad vir Leerlinge en Ouers om Stres te Verlig

Eksamentyd hoef nie oorweldigend te wees nie. In hierdie insiggewende episode deel Elizna Botha, skoolberader van Hoërskool Linden in Johannesburg, praktiese wenke om eksamenstres te hanteer en beter voor te berei. Sy bespreek strategieë vir studiemotivering, tydsbestuur, en hoe ouers hul kinders emosioneel kan ondersteun tydens hierdie uitdagende tyd. Luister…
8 Nov 23 min