Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JOHANNES 17
Die gebed van Jesus vir sy dissipels.
1DIT het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik —
2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
3En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
5En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.
6Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
7Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.
8Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
10En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
11En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
7 Feb 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

ROMEINE 6 Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan. 1WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?…
24 Mar 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Bergh Muller

JESAJA 40 Laat Israel nie moedeloos wees nie. 27WAAROM sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die Here verborge, en my reg gaan by my God verby? 28Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die…
23 Mar 1PM 17 min

Sondagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

PSALMS 4 'n Aandlied. 1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid. 2As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! 3 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe…
23 Mar 3AM 23 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

MATTHÉÜS 11 Die drie onboetvaardige stede. (Lk. 10:13-15.) 20 TOE het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie: 21Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat…
22 Mar 2AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

GALÁSIËRS 3 16Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. 17Maar ek sê dít: die wet wat vierhonderd-en-dertig jaar later gekom het, maak die…
21 Mar 2AM 23 min