51 Putco-busse vernietig in brandstigting aanvalle

Loading player...
51 Putco-busse vernietig in brandstigting aanvalle
Die Mpumalanga polisie het bevestig ‘n totaal van 51 Putco-busse is gisteraand by vier depots in die Nkangala-distrik aan die brand gesteek. Drie groepe aanvallers het sekerheidswagte oorval. 16 busse is aan die brand gesteek by Moloto in die Kwamhlanga-area, 18 in Maphotla en 17 in Thanane in die Siyabuswa-area. Een sekerheidswag is in die been geskiet en ‘n ander is aangerand. Beide is hospitaal toe vir behandeling. Die woordvoerder van die polisie, Brigadier Donald Mdhluli, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
28 Jan 2025 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min