Twee wat glo uit Mosambiek tronk ontsnap in Malelane aangekeer

Loading player...
Twee mans wat glo uit 'n tronk in Mosambiek ontsnap het, is gisteraand buite Malalane deur die Mpumalanga-polisie in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Donald Mdhluli, is hulle deur veiligheidsbeamptes vasgetrek weens vermoedens dat hulle nie dokumentasie het om in Suid-Afrika te wees nie. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn vir oortreding van die Immigrasiewet. Die SAPD werk saam met ander instansies om te ondersoek of hulle deel is van 'n groep wat tydens die onlangse politieke onrus in Mosambiek uit 'n tronk ontsnap het.
27 Jan 2025 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min