Stropers swaar gevonnis in Skukuza: NVG

Loading player...
Drie stropers is Vrydag deur die hof in Skukuza gevonnis. ‘n Veldwagter, Philip Gumede, wat sedertien oorlede is, is in Februarie 2019 deur ‘n kollega in die Krugerwildtuin opgemerk met twee passasiers waar hulle ‘n vierde man ontmoet. Hulle is in twee voertuie is op die pad tussen Skukuza en Kruger Hek onderskep. ‘n Renosterhoring, jaggeweer, en messe is in die een voertuig ontdek. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê van die drie oorlewende beskuldigdes is Sam Khosa en Oddis Maluleke elk tot effektief 22 jaar gevonnis. Solly Selahle moet vier jaar tronkstraf uitdien weens sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
27 Jan 2025 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min