Bylboordenaar moet lank sit

Loading player...
Die hooggeregshof in Mpumalanga wat in Breyten sit, het Thulani Madonsela drie keer lewenslange tronkstraf opgelê en tot 'n bykomende 38 jaar gevonnis vir die geweldsmisdade wat hy in Februarie 2023 in Ermelo teen sy werkgewer gepleeg het. Madonsela het by Robert Arthur James geld geëis wat na bewering aan hom verskuldig was wat James nie gehad het nie. Madonsela het hom met 'n byl doodgekap en toe sy vrou, Bangon Roopsai, verkrag voordat hy haar ook doodgekap het. James se seun het saam met sy vriendin opgedaag en Madonsela het albei met die byl beseer. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa:
24 Jan 2025 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min