Vakbonde onderhandel saam om Panorama-toerisme-aantreklikhede te heropen

Loading player...
Toeriste-aantreklikhede op die Laeveld se Panorama-roete was steeds gesluit vandag, te midde van ‘n voortslepende staking deur werknemers van die Mpumalanga Agentskap vir Parke en Toerisme (MTPA). Vakbonde het intussen tot die onderhandelinge toegetree, na die sakekamer gedreig het om kriminele sake van industriёle sabotasie te lê. Linda Grimbeek van die KLCBT sê dit is eintlik ‘n bewys dat die venues privaat bestuur moet word, eerder as deur die MTPA.
21 Jan 2025 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min