KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Van Gebrokenheid na Genesing: Berenice Adams se Reis van Trauma na Hoop

Loading player...
(2 Korinthiërs 4v7-9) is die tema van #Koffidate☕ op Woensdag 15 Januarie. Berenice Adams verloor eers haar man en daarna haar seun, nadat hy as breindood verklaar was en sy die moeilike besluit moes neem om toestemming te moes gee vir die masjiene om afgesit te word. Nadat sy baie trauma beleef het, het sy 'n baie dieper verhouding met Jesus ontwikkel en het ook daarna weer iemand ontmoet en is baie gelukkig getroud. Haar passie is om uit te reik na gebroke moeders, weduwees asook vroue wie aan dwelms verslaaf is. Sy haarself was ook 'n "GEBREEKTE KLEIPOT", maar waarvan sy die inhoud kan gebruik om ander vroue te bemoedig!
15 Jan Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Geloof Bo Vrees: Pastoor Phoebe Appies se Kragtige Borskanker Getuienis | Tog Sal Ek Juig

In hierdie inspirerende episode van KoffiDate deel Pastoor Phoebe Appies, ’n borskanker oorwinnaar, haar roerende reis van diagnose tot goddelike genesing, en getuig sy hoe God haar volkome herstel het. Saam met Lea Wynand, ’n toegewyde professionele verpleegkundige wat daagliks met kankerpasiënte werk, gesels ons oor Borskankerbewustheid, geloof en hoop…
22 Oct 1 hr 52 min