Vyf gearresteer na moord op polisiebevelvoerder in Ermelo

Loading player...
Die Mpumalanga polisie het binne 24 uur van sy dood vyf verdagtes aangekeer in verband met die moord gistermiddag op Luitenant-Kolonel Piet Pretorius in Ermelo. Volgens die polisiewoordvoerder, Luitenant-Kolonel Jabu Ndubane, is hulle is Nelspruit aangekeer. Die 59-jarige bevelvoerder in die voertuig identifiserings-eenheid was aan diens toe hy verskeie kere geskiet is deur ‘n onbekende aanvaller, wat van die toneel af gevlug het. 'n Voertuig wat vermoedelik in die pleeg van misdaad gebruik is, is vanoggend langs Uitbreiding 7 in Ermelo aan die brand gesteek gevind. Die verdagtes is almal tussen 29 en 40 jaar oud. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die vinnige arrestasie verwelkom. Hy besoek vandag Pretorius se familie.
17 Jan 2025 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min