Oproep vir gereedheid vir 2025 skooljaar
Loading player...
Die Departement van Onderwys doen 'n beroep aan skoolbeheerliggame en skoolbestuurspanne om voorbereiding vir die suksesvolle en naatlose aanvang van die 2025-skooljaar te begin. Skole heropen op 15 Januarie. Volgens ’n woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Onderwys, Gerald Sambo, is dit 'n tyd vir kollektiewe aksie en 'n hernieude verbintenis om te verseker dat skole gereed is om die beste moontlike leeromgewing vir leerders te bied.