N4 ongeluk eis sewe lewens

Loading player...
Sewe mense, insluitend ‘n kleuter van ongeveer twee jaar oud, is gistermiddag dood in ‘n botsing op die N4-tolpad tussen Belfast en Wonderfontein. Volgens die woordvoerder van die departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, het een van die sedans na vermoede beheer verloor en trompop teen ‘n ander, aankomende voertuig gebots. Die oorledenes sluit beide bestuurders in. Een oorlewende is ernstig beseer. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
1 Jan 2025 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min