Premier bekommerd oor impak van Mosambiekse onlus op Mpumalanga

Loading player...
Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsie se ligging, aangrensend met Mosambiek en Eswatini, is voordelig en nadelig vir sy ekonomie. Hy het president Cyril Ramaphosa gister tydens ‘n bilaterale vergadering tussen ander ministers en die provinsiale uitvoerende gesag gevra om die voortslepende betogings in Mosambiek, weens ‘n bestrede verkiesingsuitslag, met president Filpe Nyusi op te neem, omdat die provinsie ook daaronder ly. Ndlovu sê die spanning in Mosambiek het ‘n negatiewe uitwerking op die provinsie se ekonomie. Hy sê Mpumalanga dra die swaarste aan die las van onwettige en ongedokumenteerde immigrante met talle negatiewe gevolge wat insluit oorgrensmisdaad, ‘n toename in misdaad in plaaslike gemeenskappe en onwettige mynbou.
11 Dec 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min