SANParke paraat vir stropers die feestyd

Loading player...
SANParke sê daar was onlangs ‘n toename in stropery in die Krugerwildtuin. Die woordvoerder, Ike Phaahla, sê die stel van strikke en vergiftiging van diere het veral toegeneem. In reaksie sal toesig by toegangshekke die feestyd verhoog word. Ander misdaadvoorkomingsinisiatiewe sluit in die nagaan van voertuie in die park, die gebruik van tegnologie soos nommerplaat herkenning en radar, die verhoogde inspanning van honde-eenhede en ‘n toename in patrollies deur veldwagters.
6 Dec 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Bylboordenaar moet lank sit

Die hooggeregshof in Mpumalanga wat in Breyten sit, het Thulani Madonsela drie keer lewenslange tronkstraf opgelê en tot 'n bykomende 38 jaar gevonnis vir die geweldsmisdade wat hy in Februarie 2023 in Ermelo teen sy werkgewer gepleeg het. Madonsela het by Robert Arthur James geld geëis wat na bewering aan…
24 Jan 6AM 1 min

Lewenslank vir man wat sy ouma vermoor

Jay Peters (27) is deur die Nelspruit-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy ouma, Susanna Kilmister (68). Dit volg op Peters sy skulderkenning op die moord wat op 28 Februarie 2022 op Cromdale buite Mbombela gepleeg is, waar hy by sy ouma gewoon het. Volgens Monica Nyuswa, die…
23 Jan 6AM 1 min

Operasie uitgevoer om veediefstal te teiken

Die Mpumalanga-polisie het gister tydens 'n spesiale operasie in Vaalbank naby Mmametlhake op sewe vermoedelik gesteelde beeste beslag gelê. Niemand is vir die beweerde veediefstal in hegtenis geneem nie, maar ’n ondersoek is aan die gang. Tydens dieselfde operasie vroeër die dag is 'n 31-jarige man by Siyabuswa gearresteer vir…
23 Jan 2AM 1 min

Mpumalanga Premier onderneem om matriekslaagsyfer te verbeter

Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsiale regering is vasbeslote om vanjaar die matriekslaagsyfer te verbeter. Hy het gepraat tydens ‘n vergadering met die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en haar adjunkminister, Reginah Mhaule, wat vandag met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se…
22 Jan 9AM 1 min

LUR beloof nuwe skool vir Naas

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê onderrig sal vandag hervat by Siboshwa Primary, na dit die afgelope week ontwrig is deur gemeenskapslede. Inwoners van Naas in Nkomazi het onder meer ingange na die area afgesper om aan te dring dat ‘n nuwe skool gebou word. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het…
22 Jan 4AM 1 min