DA geskok oor tekort aan water en kragtoevoer aan 2-miljard-Rand projek

Loading player...
Die DA gaan die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, vra om in te gryp by die Internasionale Vrasproduktemark in Nelspruit. Volgens Tersia Marshall van die DA het die gebou die afgelope ses jaar die belastingbetaler reeds 2-miljard-Rand gekos om op te rig, maar daar is geen lopende water of elektrisiteit nie. Sy sê die provinsiale Departement van Landbou het nagelaat om sy munisipale rekening te betaal, en Mbombela het daarom sy kragtoevoer afgesny. Marshall voeg by die departement is duidelik nie opgewasse vir die taak nie.
3 Dec 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min