SANParke stel hek-kwotas in vir Krugerwildtuin

Loading player...
SANParke gaan hekkwotas instel vir dagbesoekers aan die Nasionale Krugerwildtuin gedurende die feestyd. Dit geld vandaf 15 Desember. Besoekers word aangeraai om vooraf aanlyn te bespreek of via SANParke-besprekings. Tydgleuwe sluit in half-ses tot agtuur soggens, van agt tot tien voormiddag, en na 10-uur. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê vooraf besprekingsfooie word gehef en bewaringsfooie is verpligtend. Voertuie sonder nommerplate word nie toegelaat nie en besoekers word gemaan om die parkreëls te gehoorsaam vir ʼn veilige en aangename ervaring.
2 Dec 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min