Man sit lewenslank wat meisie doodsteek

Loading player...
Die Mpumalanga Hooggeregshof het ‘n man lewenslange tronkstraf opgelê vir die wrede moord op sy vriendin – tydens die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders. Die 44-jarige Vermando Chowe het Soneni Mashaba in Desember 2022 in Shabalala Trust in Hazyview voor haar twee kinders met ‘n mes doodgesteek. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het hy geen berou getoon nie.
29 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min