Man sit lewenslank weens moord

Loading player...
Die Kwaggafontein-streekhof het die 32-jarige Godfrey Boesman Mashiane lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en ’n bykomende 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Dit volg op 'n voorval in Januarie 2022 by Vlaklaagte waarheen hy die slagoffer, Aaron Sikhosana, onder die voorwendsel van 'n werksgeleentheid gelok het. Sikhosana is verskeie kere in die bolyf en nek gesteek. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het die hof bevind Mashiane het met 'n gemeenskaplike doel saam met onbekende medepligtiges opgetree om Sikhosana te beroof en te vermoor.
27 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min