Vrydag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
I KONINGS 19
Elía vlug vir Isébel en kom by die berg Horeb.
1EN Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles — hoe hy al die profete met die swaard gedood het.
2Daarop stuur Isébel 'n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen — sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle.
3Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly;
4maar self het hy 'n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder 'n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, Here, want ek is nie beter as my vaders nie.
5Daarop gaan hy lê en raak onder 'n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak 'n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!
6Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent 'n broodkoek, op warm klippe gebak, en 'n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7En die engel van die Here het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel.
22 Nov 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 3 Jesus is meer as Moses 1Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. 2Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses…
11 Oct 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PREDIKER 11 Werp jou brood op die water 1Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. 3As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die…
11 Oct 3AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 24Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 25God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na…
10 Oct 2AM 19 min