Omgekoopte amptenaar gearresteer weens korrupsie met ID

Loading player...
’n Amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake is gister by haar werkplek in die teenwoordigheid van haar baas en kollegas in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke is Violet Mabena in Oktober 2021 20-duisend-Rand betaal om 'n vrou te help om 'n identiteitsdokument vir haar stiefseun te bekom. Mabena het Dinsdag in die Kwa-Mhlanga-landdroshof verskyn en is borgtog van 3-duisend-Rand toegestaan. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die saak is tot 6 Desember uitgestel en verskuif na die streekshof.
20 Nov 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min