Vroulike polisiekonstabel gewond in skietery in Embalenhle

Loading player...
‘n 32-jarige vroulike polisiekonstabel word in die hospitaal behandel na sy Woensdagaand geskiet is. ‘n 35-jarige man is ook geskiet, en het gister weens sy wonde beswyk. Die voorval het in Embalenhle plaasgevind. Skote is gehoor, die polisie is ontbied en die slagoffers is met ernstige skietwonde langs ‘n voertuig aangetref. Die verdagte, ‘n 35-jarige man, is tussen Potchefstroom en Ventersdorp in Noordwes vasgetrek. Die motief vir die skietery is tans onduidelik. Volgens die polisie kan dit moontlik met huishoudelike geweld verband hou. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli:
15 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min