Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
JOHANNES 10

7Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
9Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
10Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
11Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
12Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
13En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
14Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.
3 Jan 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 3 Jesus is meer as Moses 1Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. 2Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses…
11 Oct 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PREDIKER 11 Werp jou brood op die water 1Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. 3As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die…
11 Oct 3AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 24Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 25God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na…
10 Oct 2AM 19 min