Tiener gearresteer wat glo gemeenskaps-polisiërings-lede in Masoyi aanval

Loading player...
‘n 17-jarige is gearresteer omdat hy na bewering Maandagaand ‘n lid van die gemeenskaps-polisiëringsforum in Masoyi doodgesteek het. Die 35-jarige Difference Fankomo was ‘n patrolleerder vir die GPF. Nog twee lede is in die aanval gewond en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie is daar op die vermeende moordwapen beslag gelê. Die tiener word moontlik ook verbind met ‘n ander moord, op ‘n 50-jarige man, in Augustus verlede jaar. ‘n Saak van moord en twee van poging tot moord word teen hom ondersoek. Hy sal binnekort in die hof verskyn.
13 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min