Mpumalanga LUR inspekteer skole na storm skade aanrig in Piet Retief

Loading player...
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het gister skole besoek in Piet Retief, waar groot skade aangerig is tydens ‘n hewige storm Sondag wat die hele dorp sonder elektrisiteit gelaat het. Piet Retief Gekombineerde Skool het die ergste skade gely, met Ndlela Sekondêre Skool en Hoërskool Piet Retief wat ook deurgeloop het. Klaskamers, ‘n seunskoshuis en ander strukture is beskadig met dakke wat ook op plekke afgewaai is. Volgens die onderwysdepartement kon leerlinge wel gister hul eksamenvraestelle skryf.
12 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min