Borg geweier vir Sabie-pastoor wat van verkragting aangekla word

Loading player...
Die landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na bewering aangeval het. Die beskuldigde se naam kan nie bekendgemaak word voor hy op die aanklagte gepleit het nie. Hy word ook aangekla vir die besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê die saak is uitgestel tot 6 Januarie.
8 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min