Rapport Praat Sport | Rassie se snoeiproses: Die verskil tussen Faf en Cobus

--:--
Eers was dit ’n losskakel vir ’n haker. Nou ’n losvoorspeler vir ’n agterspeler... en selfs ’n losskakel vir ’n stut! Ons gesels oor Rassie Erasmus wat wéér interessante spankeuses maak. Jóhann Thormählen sê waarom Damian Willemse se afwesigheid die Bokke vanjaar minder hard tref as wat verlede jaar die geval sou wees, en ons kies ons vyftientalle vir die toets teen Skotland. Ons spreek ook die oli-Faf in die kamer aan (selfs Francois van Coke se naam duik op), en Hendrik Cronjé verduidelik die rigting wat Rassie in die toekoms wil inslaan.
30 Oct Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rapport Praat Sport | Saru-baas: Wêreld is jaloers op Bokke

In dié week se Rapport Praat Sport met Netwerk24 erken die grootbaas van SA Rugby, Rian Oberholzer, dit voel soms vir hom of daar jaloesie is oor Suid-Afrika se sukses. Dít nadat die rugbywêreld alweer knorrig is oor Rassie Erasmus se Bomb Squad. Oberholzer verduidelik ook waarom Suid-Afrika die 20-minuut-rooikaart-reël…
13 Nov 31 min

Rapport Praat Sport | Basta met rugby se stampkar-rooies

Die Bulle het in albei hul laaste wedstryde rooi kaarte ontvang wat by nabetragting afgegradeer is na geel. Die besluit vandeesweek dat die haker Johan Grobbelaar nie werklik rooi moes sien nie, het egter te laat gekom om die Bulle van ‘n eenpunt-nederlaag te red. Met Wêreldrugby op die punt…
23 Oct 24 min

Rapport Praat Sport | Dís Rassie se plan met jaareind-span

Hendrik Cronjé onthul wat sy bronne vir hom sê oor Rassie Erasmus se rotasie-planne vir die drie toetse op die jaareindtoer. Ons gesels ook oor die spelers en spanne wat tot dusver indruk maak in die Verenigde Rugbykampioenskap (hoe lekker brul dié trop Leeus nie!). Wêreldrugby het ook weer gaan…
9 Oct 33 min