DA ontstoke oor gr. 3's se Afrikataal-onderrig

Loading player...
Die DA beplan om die Mpumalanga Onderwysdepartement by die Menseregtekommissie aan te gee omdat hulle nie Afrikataal-leesmateriaal aan leerders verskaf nie. Volgens die DA se Annerie Weber het die onlangse verslag van die Ouditeur-Generaal gevind 890 laerskole in Mpumalanga is nie vanjaar van graad 3-Afrikatale leesstof voorsien nie. Dit raak meer as 106-duisend leerlinge regoor die provinsie. Volgens Weber glo die DA dat die departement die leerders se grondwetlike reg op onderwys skend deur dit nie te verskaf nie.
25 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min