Rapport Praat Sport | Basta met rugby se stampkar-rooies

Loading player...
Die Bulle het in albei hul laaste wedstryde rooi kaarte ontvang wat by nabetragting afgegradeer is na geel. Die besluit vandeesweek dat die haker Johan Grobbelaar nie werklik rooi moes sien nie, het egter te laat gekom om die Bulle van ‘n eenpunt-nederlaag te red.
Met Wêreldrugby op die punt om te stem oor die instelling van die 20 minuut-rooikaart woed ‘n hewige debat weer oor watter oortredings erg genoeg is om ‘n speler se wedstryd te beëindig (en sy span op die agtervoet te hou). Ons sportskrywers Hendrik Cronjé en Johann Thormahlen deel hul menings met ons.
Ons gesels ook oor die diepte in Springbok-rugby, die hoogte- en laagtepunte van die Protea-krieketvroue se pas-afgelope Wêreldbeker-toernooi en Kagiso Rabada se grootse mylpaal in die eerste toets teen Bangladesh.
23 Oct 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rassie se plan met groentjies: Bou vir ná WB

Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons oor al die groentjies in Rassie Erasmus se Springbok-groep. Ons kyk veral na die insluiting van die talentvolle jong Markus Muller, en bespiegel oor moontlike redes waarom ander groentjies soos Zekhethelo Siyaya en Ethan Adams nog nie opgeroep is nie. Ons gesels…
4 Nov 24 min

Greatest Rivalry: Ons Speler van die Reeks is...

In dié week se episode van Rapport Praat Sport deel ons toekennings uit: Die beste speler van die Greatest Rivalry-reeks, die beste voorspeler, agterspeler en die grootste oomblik. Ons kyk ook na wie onderpresteer het en sê wie vir ons die verrassingspakkie was. Wie was jou Speler van die Reeks?…
16 Sep 25 min

Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied

In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion!…
9 Sep 20 min

Dave Rennie is slinkser as wat jy dink!

Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy…
2 Sep 17 min

Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’

Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende…
26 Aug 15 min