Mpumalanga stel Veiliger Feestyd-veldtog bekend

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het Saterdag amptelik die 2024/25 Veiliger Feestyd-veldtog by Mangweni Trust naby Komatipoort van stapel gestuur om ‘n veiliger feestyd vir gemeenskappe te verseker. Verskeie wetstoepassingsagentskappe was teenwoording om die Operasionele Plan aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, voor te lê. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, sê die fokus is op pogings teen geslagsgebaseerde geweld, trio-misdade soos kapings en huisrowe, asook samewerking met die Grensbestuursowerheid om mense- en dwelmhandel te bekamp en optrede teen transitorooftogte.
21 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min