Polisie ondersoek voorval waar hond man glo doodbyt

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n man deur sy werkgewer se hond doodgebyt is. Die voorval het Vrydag by Marapyane in Mmamethlake plaasgevind. Volgens die polisie het die 58-jarige op die perseel gewoon en na die honde omgesien. Hulle is op hok gehou en is slegs vroeg-soggens vir ‘n paar uur uitgelaat. Die man het glo Donderdag uitgegaan en met sy terugkeer vroeg die Vrydag is hy aangeval. Die polisie beskryf die hond as ‘n pitbull. Die DBV het die hond Saterdagoggend van kant gemaak.
21 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min