Mpu Onderwys betaal spookwerkers R6m

Loading player...
Die DA versoek die Spesiale Ondersoekeenheid om die Mpumalanga Departement van Onderwys te ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat hulle meer as 6-miljoen-Rand in salarisse aan voormalige en afgestorwe werknemers in die 2023/24-boekjaar betaal het. Volgens Annerie Weber het dit in die Ouditeur-Generaal se verslag, gedateer 9 Oktober, na vore gekom. Weber sê die departementshoof, Lucy Moyane, moet aanspreeklik gehou word, aangesien sy sedert 2022 bewus was van die spookwerkers
16 Oct 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min