20 jaar vir man wat buurkind verkrag

Loading player...
’n 43-jarige man is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy buurman se 10-jarige dogter. Die voorval het in Maart verlede jaar by Schoemansdal in Nkomazi plaasgevind. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het Mbongeni Andries Shongwe in die Boschfontein-streekhof skuld op die aanklag beken. Sy sê die hof het in ag geneem dat hy skuldig gepleit het en ‘n eerste oortreder is om van die voorgeskrewe lewenslange vonnis af te wyk.
16 Oct 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min