ICASA se ekwiteitsregulasies ‘n mes wat oor die bedryf se kop hang’ – MyBroadband Redakteur
--:--
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Icasa) se ekwiteitsregulasies bly ‘n mes wat oor die bedryf se kop hang. MyBroadband-redakteur Jan Vermeulen sê sonder tussenkoms mag dit ander buitelandse rolspelers in die bedryf afskrik om sake te doen of in Suid-Afrika te belê. Vermeulen keer terug na die OFM Besigheidsuur om Starlink se vertraagde toetrede tot Suid-Afrika te bespreek.